NG Kerk Wellington-Noord

Arbeidbediening

Johan Crous is aangestel van Arbeidsbediening wat die Woord verkondig in nywerhede en dien as berader waar nodig. Dit is partykeer die enigste manier wat die werkers in aanraking kom met die Woord. Dit word beskou as die Sendingbeen van ons gemeente.

Arbeidsbediening is ‘n ekumeniese bediening wat wil betrokke wees in en om die arbeidswêreld, verteenwoordigend van die hele kerk van Christus en in die krag van die Heilige Gees, deur ons lidmate by die werk en ons geestelike werkers wat die deugde en waardes van die evangelie so beklemtoon en uitleef, dat die koninkryk van God in en om die arbeidswêreld duidelik gevestig en opgebou  word.

Arbeidsbediening Wellington is daar om Christengelowiges in 28 werkplekke te ondersteun. Daarom gaan ons soontoe met sy Woord en onder die leiding van sy Gees om Christen broers en susters te bemoedig (gemeenskap) om geloofsgetrou te leef en te werk, asof vir die Here self (Efes 6:7), as sy verteenwoordigers.  Andersyds reik ons met die evangelie liefdevol uit na mense wat nog nie die heerskappy van Christus oor die werkswêreld erken nie.

Arbeidsbediening is ook ‘n skouer vir die noodlydendes. Mense het dikwels pastorale bystand nodig (omgee) in die werkplek, waar hulle persoonlike probleme ondervind, of waar partye met mekaar bots, waar mense dikwels onversoend is met mekaar, waar mense onreg mag beleef, waar sommige hulle werk mag verloor en ander hierdie afdankings moet bestuur. Daarom gaan ons soontoe met God se Woord (vir sy reg en geregtigheid) en onder die leiding van sy Gees om mense by te staan en te troos, vir hulle ‘n oor en ‘n skouer te wees.

God se GROOT OPDRAG in Matt 28:18– 20 “Gaan dan heen na al die nasies en maak hul my dissippels…… lê in die hart van die bediening.

As ons dus sê: Here laat u koningkryk kom, dan sê ons laat u koningkryk in elke werksplek gevestig word.

Kontak gerus: Johan Crous (072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net)