Jeug
- Kategese na erediens
- Kindermoment tydens diens
- Uitstappies
- Uitreike
- Moeder-en Vadersdag
- Kinderdankoffer
Ons het ‘n aktiewe Jeugportefeulje met aktiwiteite vir alle ouderdomme! Ons skep ‘n kindermoment vir Gr 0-3 tydens die erediens waarna hulle en die Graad 4-7 leerders ‘n spesiale klas bywoon gedurende die res van die diens. Ons graad 8-11-leerders het na die erediens kategese. Fokus word geplaas op die geestelike verryking en groei in die geloof van ons jeug met die oog op ‘n langtermyn-verhouding met hulle. Dit word onder andere bewerkstellig deur ons jeug direk te betrek by besoeke aan onder andere ouetehuise, hospitale en gevangenisse, die gebruik van jeugwerkers en die aanbied van kategese, kampe en jeugdienste.
Kontak gerus: Anja Barnard (082 891 2884)