Musiek
Ons gemeente word al vir jare gekenmerk deur ‘n baie sterk musiekbediening. Daar is jaarlikse in Maart ‘n Paassangdiens, September ‘n sangdiens en ook word ons wyd geken deur ons besonderse kerssangdiens in November. Ons word veral die afgelope 22 jaar besoek deur besonderse kunstenaars. Hul sluit onder meer in: Jak de Priester, Jonathan Roxmouth, Dewald Louw, Willem Botha, André Terblanché, Albert Maritz en Johann Nel.
Bo en behalwe ons plaaslike skoolkore is ons al besoek deur die TUKS Camerata, Vaskivuori Kinderkoor uit Finland, Die Natalse Jeugkoor, Pro Canto Jeugkoor en Canticum Novum (Studentekerkkoor van Stellenbosch).
Orreliste wat ook al uitvoerings gelewer het in ons gemeente is Winand Grundling, prof. Mario Nell, Marnus Greyling, dr. Gerrit Jordaan, prof. Theo van Wyk, Garret Martin (USA) en Zorada Temmingh.
NG Kerk Wellington-Noord se twee manuaal Müller-orrel is in 1959 geïnstalleer en is vanjaar 62 jaar in diens van die gemeente. Dit is ‘n twee manuaal orrel met pedaalbord en 25 sprekende registers. Daar is ‘n totaal van 1600 pype in die orrelkas en beskik oor die nodige speelhulpe en koppelaars. Die orrel is destyds aangekoop van die firma vir ₤3,980-00.
Kontak gerus: Johann Enslin (074 359 8069 / johann@wellingtonnoord.co.za)
Die Orrel
DISPOSISIE VAN ORREL
- Orrel inwyding op Sondag, 14 September 1959 deur Chris Swanepoel
- R Muller-orrel
- Prys: ₤3,980-00
- Vorige orreliste: Mej. M. Slier en Mnr. Tommy van Wyk
- Huidige orrelis: Johann Enslin
- Grootste orrel in Wellington
SPESIFIKASIE VAN ORREL
Omvang van Manuale: 61 note
Omvan van pedaalbord: 32 note
GROOT
REGISTER | ‘ | PYPE | AANTEKENING | |
1. | Prestant | 8’ | 61 | |
2. | Holfluit | 8’ | 61 | |
3. | Dulciana | 8’ | 61 | |
4. | Prinsipaal | 4’ | 61 | |
5. | Harmoniese Fluit | 4’ | 61 | |
6. | Twaalfde | 2 ⅔ | 61 | |
7. | Oktaaf | 2’ | 61 | |
8. | Mikstuur | 3-4st | 232 |
SWEL
REGISTER | ‘ | PYPE | AANTEKENING | |
9. | Vioolprestant | 8’ | 73 | |
10. | Roerfluit | 8’ | 73 | |
11. | Salisionaal | 8’ | 73 | |
12. | Vox Celeste | 8’ | 49 | |
13. | Gemshoorn | 4’ | 73 | |
14. | Piccolo | 2’ | 73 | |
15. | Sesquialter | 2 st | 146 | |
16. | Larigot | 1⅓ | 61 | |
17. | Eggo trompet | 8’ | 73 | |
18. | Trompet | 4’ | 12 | (res van 17) |
19. | Hobo | 8’ | 73 | |
Tremulant |
PEDAAL
REGISTER | ‘ | PYPE | AANTEKENING | |
20. | Subbas | 16’ | 32 | |
21. | Bas | 8’ | 12 | Res van 20 |
22. | Prestant | 8’ | 32 | |
23. | Koraalbas | 4’ | 12 | Res van 22 |
24. | Fluit | 2’ | 32 | |
25. | Tromba | 16’ | 32 |
KOPPELAARS
REGISTER | AANTEKENING | |
a. | Swel – Groot | Met drukknop om te dupliseer |
b. | Groot – Pedaal | Met voetknop om te dupliseer |
c. | Swel – Pedaal | Met voetknop om te dupliseer |
d. | Swel 4’ – Pedaal | |
e. | Swel 4’ – Groot | |
f. | Swel 16’ – Groot | |
g. | Swel 4’ (aan swel) | |
h. | Swel 16’ (aan swel) |
SPEELHULPE
- Vier verstelbare drukknoppe vir Groot en Pedaal-orrels met voetknoppe om te dupliseer.
- Vier verstelbare drukknoppe vir Swel en Pedaal-orrels met voetknoppe om te dupliseer.
- Gebalanseerde Sweltree.
- Gebalanseerde Crescendotree met ligskaal.
- Indirekte beligting vir registertablette en pedaalklavier.
SPEELTAFEL
- Die speeltafel is losstaande.
- Die kas is van ‘n moderne ontwerp, die houtsoort stem ooreen met die van die kerkmeubels
- Registertablette is bo die manuale aangebring
- Wit klawers is van ivoor en swart klawers van ebbehout.
- Kontakte is van silwer
- Pedale is van hardehout
- Speeltafel is voorsien van vaste en vry verstelbare kombinasies.
WINDKASTE
Dit is van uitgesoekte kwaslose Oregon, volgens die kegellaai-sisteem gebou.
BLAASBALKE
Elke manuaal word deur sy eie blaasbalk gevoed. Die blaasbalke is groot genoeg om ‘n rustige en stootvrye toevoer te besorg.
SWELKAS EN SWELAKSIE
Dit is van klankdigte materiaal gemaak en het dubbele wande. Die luike maak genoegsaam oop om ‘n vol crescendo effek te kry. Elke deur is voorsien van afsluitlatte om effektiewe afsluiting te verkry.