Eredienste
- Kerklike jaar
- Sakramente – doop en nagmaal
- Sangdienste
- Gespreksdienste
- Pinkster
- 40 Dae (Aug/ Sept)
- Begrafnisse & troues
Die verantwoordelikhede wat op hierdie portefeulje rus, behels onder andere om toe te sien dat eredienste suksesvol verloop en lidmate se geestelike behoeftes aangespreek word, asook dat wyksbyeenkomste en kerkhereniging plaasvind.
Ons verwelkom graag almal, ongeag ouderdom of spiritualiteit, tydens ons eredienste. Eredienste is vir ons ‘n tuiskoms en samekoms waar ons in ‘n ontmoeting met die Lewende Here en met mekaar staan.
Daarom is ons eredienste Familiegerig en probeer ons ruimte skep vir verskillende samestellings van gesinne, asook individue. Ons sing, bid, luister en beleef dit saam, al verskil ons van mekaar. Deur Woordverkondiging, musiek en tegnologie ontmoet ons elke Sondag die Here en gaan ons voort om elke dag die erediens van die lewe te leef.
Kontak gerus: Ds. Francois Human (021 873 2763 / francois@wellingtonnoord.co.za)