Finansies
Daar is geen twyfel by ons dat dit ‘n voorreg is om te kan gee in die lewe. Gee sluit in jou lewe, jou tyd, jou dade, jou middele tot beskikking, jou hulp, jou kennis, jou denke, jou finansiële bydraes. Dankie vir elkeen wat op watter wyse ookal gee – by die kerk, by aktiwiteite, by vergaderings, by funksies, by die huis, by die skool, by die werk of waar ook al.
Wat ons finansiële bydraes betref: verskeie geleenthede word gebied waar gegee kan word. Sommige mense verkies maandeliks, ander verkies weer met sekere geleenthede – afhangend van omstandighede:
Geleenthede:
- Dankoffer dmv koeverte – koeverte in voorportaal en lidmate bring dit;
- Debietorder-stelsel – baie gerieflike manier met maandelikse aftrekking;
- April-insameling (gewoonlik na Somer-oes);
- Dankofferfees – Sondag in Junie;
- Oktober-insameling (gewoonlik na Winter-oes);
- Witkoevert – geleentheid aan die einde van die jaar;
- Boedel (bemaking)